haha
Ons is sopas terug in Dublin en my skoonouers is reeds oppad na Amsterdam om by Garrie en Charisse verder te kuier. Ons het toe 2 nagte in Galway spandeer en 'n nag in Clifden by Quay House. Die Sky Road en Kylemore Abbey was van die hoogtepunte. Die weste van Ierland bly maar mooier as die ooste - kan nie wag om weer te gaan surf nie.
Die verblyf by Cip en Eleanor se troue is vandag bevestig. Vanaf die 13de Julie tot Vrydag die 17de Julie het ons self-catering verblyf by Somerset Spa - http://www.somersetspa.co.uk. Ons het die Old Mill (slaap 8) en Granary (slaap 6).
Vanaf die 17de tot die 20ste het ons 6 kamers by Lower Farm Bed and Breakfast (weereens vir 'n totaal van 12 mense) - http://www.thornfalcon.co.uk/.
Ons tyd in Ierland is amper verby. Zilla is besig om haar laaste paar opstelle en haar tesis te skryf terwyl ek veronderstel is om al ons aardse besittings op te pak, administrasie af te handel en...ons toer in Junie en Julie te beplan!
Elke nou en dan ontwikkel ons 'n craving vir bietjie Nandos. Gelukkig
het daar onlangs een oopgemaak in Ierland.