Belfast, Noord Ierland

Ek was die naweek saam met 20 Iere op 'n "stag weekend" (ram-party) en
het die kans geneem om 'n vinnige toer te onderneem waar ek bietjie
meer kon leer oor die sg. "Troubles".
 
Die toerbus is onder andere deur die 2 naasliggende woonbuurte van
Shanklin Road (waar die protestantse Loyalist woon - mense trou aan 
die kroon van Engeland) en Falls Road (waar die Republicans woon -
mense wat voel die hele Ierse eiland hoort aan die Iere.)
 
Een van die fotos wys die "peace line" - 'n muur wat tussen die 2
woonbuurte gebou is. Die volledige album fotos is te sien by
http://picasaweb.google.com/north.john/BelfastMay2009#.

Naweek weg met die Wolfaardts

Lekker naweek op ‘n plaas tussen nêrens (Belfast/Stoffberg) & êrens (Dullstroom) met potjie, poker, 30 Seconds & rustige kuier saammet ‘n klompie vriende…

Kinderdiens en Bray

Na vanoggend se kinderdiens by die kerk (sien vir Jonathan as die
wolf) het ons vir Nerissa en 3 van haar vriende (almal Suid Afrikaners
wat tans in London werk) in Dublin ontmoed en toe Bray toe gegaan vir
die dag. Bray is 'n lieflike dorp op die kus suid van Dublin. Ons het
die dag afgesluit met 'n bottel wyn in Fallon & Byrne (Dublin).

Ek het vandag vir Kragtoer onthou

twee gediggies wat ek in St 9 geskryf het...

Kragtoer
kragtoer vannemerwe
(beesboer van formaat,
vryer van die blouberge);

daag op:
('n gebroke man
met gebreekte been
en oortrokke bankbalans)
by putsonderwater
se nuwerjaarsdans;

hy is:
'n seun van dertig 
ongepoets,
ongeskeer,
en ongebad; 

en hy dink so in sy enigheid:
"daai nuwerwetse botha met sy snyerspak 
lyk soos daai hoender op my opstaldak"

Gravity
Gravity's grateful personality attracts but appalls,
yet makes one feel wanted during 3 storey falls.