Die Rasse kom kuier in Ierland

Ma Charlotte en Pa Gerhard het vandag in Dublin geland. Ons vertrek mo^re Galway toe vir 3 nagte in Connemara. Ons bly in The House Hotel sondag-aand en dink om die volgende 2 nagte in die dorpie Roundstone te gaan bly.

Ek en skoonpa het vanmiddag by die Woolshed Baa gaan kyk hoe die Bulle wen! Baie lekker om hulle hier te he^!

Van Dublin na Galway

Ons het 6.30 opgestaan om 7.30 saam by die gastehuis oggendete te kry en is van daar af Hueston stasie toe. Die trein Galway toe het ongeveer 3 uur geneem. Na middag-ete en 'n slapie het ons Salthill toe gestap waar die reen ons halfpad oorval het. Is toe sopnat met 'n taxi terug hotel toe. Ons het vir aandete lekker vis en skyfies gaan eet en toe musiek gaan luister in die pub.

Beautiful Connemara saam met skoonfamilie (en nuwe Canon IXUS 100is)

Ons is sopas terug in Dublin en my skoonouers is reeds oppad na Amsterdam om by Garrie en Charisse verder te kuier. Ons het toe 2 nagte in Galway spandeer en 'n nag in Clifden by Quay House. Die Sky Road en Kylemore Abbey was van die hoogtepunte. Die weste van Ierland bly maar mooier as die ooste - kan nie wag om weer te gaan surf nie. 

Ek het ook kans gehad om my nuwe Canon IXUS 100is uit te toets en het selfs 'n paar kort video'tjies geneem (wat ek later sal aanstuur om te sien hoe Posterous dit hanteer).

Die volledige album van fotos (geneem deur Zilla en myself) is hier: http://picasaweb.google.com/north.john/ConnemaraApril2009#

Lazy Days in Dublin...letterlik

Ons gunsteling koffiewinkel in Blackrock is omtrent 3 blokke van ons
woonstel af. Dis Lazy Days. Noudat ek nie meer werk nie en Zilla van
die huis af swot en tesis skryf stap ons gereeld soontoe vir 'n koffie
of ligte ete.

Kinderdiens en Bray

Na vanoggend se kinderdiens by die kerk (sien vir Jonathan as die
wolf) het ons vir Nerissa en 3 van haar vriende (almal Suid Afrikaners
wat tans in London werk) in Dublin ontmoed en toe Bray toe gegaan vir
die dag. Bray is 'n lieflike dorp op die kus suid van Dublin. Ons het
die dag afgesluit met 'n bottel wyn in Fallon & Byrne (Dublin).