Van Dublin na Galway

Ons het 6.30 opgestaan om 7.30 saam by die gastehuis oggendete te kry en is van daar af Hueston stasie toe. Die trein Galway toe het ongeveer 3 uur geneem. Na middag-ete en 'n slapie het ons Salthill toe gestap waar die reen ons halfpad oorval het. Is toe sopnat met 'n taxi terug hotel toe. Ons het vir aandete lekker vis en skyfies gaan eet en toe musiek gaan luister in die pub.