Ons is sopas terug in Dublin en my skoonouers is reeds oppad na Amsterdam om by Garrie en Charisse verder te kuier. Ons het toe 2 nagte in Galway spandeer en 'n nag in Clifden by Quay House. Die Sky Road en Kylemore Abbey was van die hoogtepunte. Die weste van Ierland bly maar mooier as die ooste - kan nie wag om weer te gaan surf nie.
Ek het ook kans gehad om my nuwe Canon IXUS 100is uit te toets en het selfs 'n paar kort video'tjies geneem (wat ek later sal aanstuur om te sien hoe Posterous dit hanteer).
Die volledige album van fotos (geneem deur Zilla en myself) is hier: http://picasaweb.google.com/north.john/ConnemaraApril2009#