Europa Toer '09 (vaarwel Ierland)

Ons tyd in Ierland is amper verby. Zilla is besig om haar laaste paar opstelle en haar tesis te skryf terwyl ek veronderstel is om al ons aardse besittings op te pak, administrasie af te handel en...ons toer in Junie en Julie te beplan! 


Teen volgende week maandag (18 Mei) behoort ons te weet of ons Schengen Visums goedgekeur is. Ten einde aansoek te mag doen vir die visums moes ons al ons reis en verblyf reelings finaliseer (en sover moontlik betaal). Ons het dus reeds 'n goeie idee van waar ons gaan wees op verskillende tye. Ek heg 'n pdf dokument hierby aan wat ons verblyf reelings weergee.


Kyk gerus die "fly-over" video wat ek op Youtube gelaai het (die kwaliteit is nie wonderlik nie en daar's geen klank...)



...vir 'n beter oorsig van ons roete en besoekpunte sien die Google kaart.

Ons skop die toer af op 10 Junie wanneer ons per ferrie uit Dublin vertrek. Ons hoof vervoermiddel sal ons swart '98 Saab wees en ons hoop om ook 2 opvou fietse agter in die kattebak te hou. Ons sal 'n tent en slaapsakke saam neem vir die paar nagte wat ons op kampeerplekke gaan bly.


Ons sal baie graag enige voorstelle wil hoor van plekke waar ons moet aangaan op die toer.

Die hoof besoekpunte in volgorde is:
  • Christopher en Eleanor in Oxford (vir 'n nag)
  • Garrie en Charisse in Amsterdam (vir 3 nagte)
  • Strasbourg (2 nagte)
  • Evian langs Lake Geneva op die Franse kant (3 nagte)
  • Milan of Monza (1 nag)
  • Lake Garda in Italie in die dorpie Gargnano (3 nagte)
  • Florence in Italie (2 nagte)
  • Rome (5 nagte - het 'n woonstel gehuur)
  • die Cinque Terre op die Italiaanse Kus (2 nagte)
  • die Cote d'Azur buite Nice en Monaco (2 nagte)
  • Provence (3 nagte)
  • Tournus (1 nag oorslaap oppad Parys toe)
  • Parys (3 nagte)

Die toer kom ten einde op die 13 Junie wanneer ons teruggaan Engeland toe vir Cip en El se troue (sien http://www.chrisandel.co.uk). Die gesin en 'n paar vriende spandeer dan 'n week in die English countryside buite Taunton rondom die troue voor ons 20 Julie terugvlieg Suid Afrika toe. Kan nie wag nie!