Die verblyf by Cip en Eleanor se troue is vandag bevestig. Vanaf die 13de Julie tot Vrydag die 17de Julie het ons self-catering verblyf by Somerset Spa - http://www.somersetspa.co.uk. Ons het die Old Mill (slaap 8) en Granary (slaap 6).
Vanaf die 17de tot die 20ste het ons 6 kamers by Lower Farm Bed and Breakfast (weereens vir 'n totaal van 12 mense) - http://www.thornfalcon.co.uk/.
Sien 'n kaart van die plekke ten opsigte van Taunton en die onthaal.
Om aansoek te doen vir UK visums kan julle die aangehegde bewys van verblyf gebruik. Ek behoort binnekort die Lower Farm bewys te kan oplaai.