1 response
Dis julle Ooroumagrootjie Ferreira se genes wat maak dat julle altyd avontuur soek en altyd besig is om goed te verander. Haar dogter, julle Oumagrootjie Fourie, het toe sy reeds in 'n klein woonstelletjie gewoon het en nerens heen KON trek nie, die meubels in die woonstel al in die rondte geskuif vir 'n bietjie verandering en opwinding -- elke keer as jy daar gekom het het die meubels anders gestaan.