Na die kruispad van Europa via Koln (Cologne) JZ_EU09 Dag 6

Ons het vanoggend vanuit Amsterdam vertrek na 3 dae / 2 nagte se lekker kuier saam met Garrie, Charisse en Ernie. Ernie het vanoggend terug gevlieg Joburg toe en G&C is terug werk toe. Die pad van Amsterdam na Strasbourg is baie goed maar ons het amper heelpad in die reen gery (swaer reen meestal). Ons kon 'n vinnige besoek aan die Kölner Dom inpas - baie indrukwekkend. In Strasbourg aangekom was ons hotel reeds vol en moes ons 'n plan maak - het in die middel van die dorp op die plein 'n basic 2-ster hotel gevind en kort daarna by 'n wonderlike plekkie gaan eet - L'Epicurious. Lekker moeg...