Ons gaan dit rustig vat vir 3 nagte. Ons bly van vandag af (18 Junie) in 'n eenvoudige chalet in 'n kampterrein tussen Evian (die plek wat water bottel) en Geneva (die plek waar die UN gesetel is). Na die kamp-ervaring in Lausanne (op die Switzerse oewer) het ons via die wynlande hierheen gery. Die tonnels en ingeneurswerk rondom die meer is baie indrukwekkend.